Saturday, November 14, 2009

Cooperation with Tukkies - Drafts from UP

Modelle vir samewerking tussen UP en LTS (Arcadia)        [Draft 1]

Model AKerklike vennoot = verenigingsmodel
Binne hierdie model sou die bepaalde Lutherse kerkverband [LCSA/FELSiSA/MLC] as mede-kerklike vennoot naas die bestaande amptelike drie deelnemende kerkverbande volledig as ‘n vierde gelykwaardige vennoot deel word van die Fakulteit Teologie aan UP. Dit sou die volgende impliseer:
a)    Vereniging”: ‘n Totale integrering van LCSA/FELSiSA/MLC binne die Fakulteit Teologie op alle vlakke en in alle verbande as deel van ‘n verenigde Fakulteit wat bestaan uit verskillende deelnemende kerkverbande. ‘n Voorbeeld hiervan is die status quo aan die Fakulteit waarbinne die NGK, NHK en UPCSA in ‘n verenigde model hulle kandidate vir kerklike bediening oplei.
b)    Programstruktuur en -inhoud: Die volledige kerklike opleiding van LCSA/FELSiSA/MLC vind uitsluitlik plaas by UP binne die bestaande graadstrukture. Alle modules word aangebied deur die Fakulteit Teologie aan UP wat die kerk se amptelike opleidingsinstansie sou wees.
c)     Personeel: Binne die bestaande ooreenkomste van die huidige deelnemende kerke word daar beding vir die gesamentlike aanstelling deur UP en LTS van dosente op ‘n pro rata basis na gelang van die getal studente van LCSA/FELSiSA/MLC ingeskryf by UP.

Model B Seminarie vennoot = federale model
Binne hierdie model sou die bepaalde Lutherse Seminarium as Federale opleidingsvennoot naas die Fakulteit Teologie aan UP mede-verantwoordelikheid neem vir die aanbieding van bepaalde modules. Dit sou die volgende impliseer:
a)    Federasie”: Slegs sekere modules wat deur die Fakulteit Teologie aan UP aangebied word, word gebruik deur FELSISA, terwyl ander modules binne die raamwerk van ‘n samewerkingsooreenkoms aangebied word deur die LTS. Suksesvolle voorbeelde hiervan word gevind, enersyds in die huidige samewerking tussen UP en die Africa Institute for Missiology (AIM), en andersyds in die “Pietermaritzburg Cluster of Theological Institutions”.
b)    Programstruktuur en -inhoud: Sekere modules (veral in Kerkgeskiedenis, Sistematiese Teologie en Praktiese Teologie) word binne die raamwerk van ‘n samewerkingsooreenkoms aangebied deur die LTS met toesig oor en akkreditasie van kursusinhoude en dosente deur UP. Hierdie modules word geakkrediteer binne dieselfde bestaande graadstrukture aan UP. Sowel LTS as UP neem as deelvennote deel aan die opleiding van FELSISA se kandidate vir die bediening. Dit laat groter ruimte vir LCSA/FELSiSA/MLC om binne die LTS se seminarium steeds toegespits “ministerial and spiritual formationvanaf kerklike kant by te bring. 
c)     Personeel: LCSA/FELSiSA/MLC dosente is binne hierdie model feitlik uitsluitlik by die LTS werksaam, terwyl UP dosente feitlik uitsluitlik by UP werksaam is. Binne ad hoc ooreenkomste en met goedkeuring deur die Universiteit by UP kan daar uitruiling van dosente geskied vir die aanbieding van bepaalde modules. LCSA/FELSiSA/MLC stel wel ‘n dosent beskikbaar vir die akademiese koordinering en – waar toepaslikook vir hulp met die begeleiding van nagraadse studente.

No comments:

Post a Comment